English
Afrikaans
Lydenburgstraat 36, Lydenburg, Kontak Ons volg ons op

Welkom by Into Rhythm Dance Studio

Into Rhythm bied:

  • Ballroom & Latin American
  • Hip Hop
  • Moderne Dans
  • Tap Dans
  •  

    Hoekom Into Rhythm?

    Into Rhythm dans studio is geleë binne in die gym, wat ‘n gesonde en veilige atmosfeer skep en waar mammas sommer hulle dag se oefensessie kan inwerk terwyl hulle kinders dans. Ons is gemaklik en het hope pret!

    Goeie opleiding in tegniek en postuur word gelewer vir die A.I.D.T. eksamens wat ons aflê. Hierdie eksamens word internasionaal erken.

    Ook lewer ons vertonings  - ons volgende vertoning is in 2014. Hier gaan ons groot met hare, grimering, props en kostuums en wys voor ‘n julle skare dat ons kan dans!!!

    Into Rhythm is ‘n dansskool waar mens jouself kan wees en kan toelaat dat jou drome en kreatiwiteit met jou weg hardloop!

     

    Hoekom dans?

    Dans is 'n lekker manier vir kinders om fiks en gesond te bly met 'n positiewe gesindheid. 
    Dans bou stamina, soepelheid, krag en koördinasie. 

    Dit is ook 'n goeie geleentheid om nuwe vriende te maak en net te vergeet van alles en te ontspan.  Dans help om 'n goeie postuur te ontwikkel en stel 'n "feel-good" gevoel vry en 'n natuurlike emosionele "high".

    Die klas bied 'n veilige en ondersteunende omgewing waar kinders kan uiting gee aan hulle gevoelens en kreatiwiteit om sodoende selfvertroue en 'n positiewe self-beeld op te bou.

    Dans gebruik beide die linker-en regterbrein:  Een helfte vir tegniek en beheer en die ander vir kreatiwiteit en kuns.  Dans verhoog dus breinproduktiwiteit en kan ook kinders se konsentrasievermoë verbeter.

    Dissipline en motivering is essensieël om te kan dans...  sleutelvaardighede vir lewenslange groei!